Physical Address

304 North Cardinal St.
Dorchester Center, MA 02124

Louis Liebenberg kla: “My menseregte word in aanhouding geskend”

BRONKHORSTSPRUIT – Louis Liebenberg beweer dat hy in die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria geteiken word.
Die vermeende swendelaar en sy vrou, Dezzi, het weer saam met sewe ander beskuldigdes in die Bronkhorstspruit-landdroshof verskyn.
Hulle is vroeër die maand in hegtenis geneem in verband met Liebenberg se diamantskema waarmee beleggers glo uit meer as R4-miljard geswendel is.
Vier van die beskuldigdes se borgtogaansoeke is Donderdag aangehoor.
Hul regsverteenwoordigers mag ingevolge ‘n hofbevel nie geïdentifiseer word nie.

en_USEnglish